Pensioenfondse moet nou Eskom-‘bates’ koop, sê ANC

Die regerende African National Congress se Ekonomiese Transformasiekomitee het voorgestel dat pensioenfondse sommige bates van die bankrot kragopwekker in staatsbesit oorneem.

Die voorstel om dele van Eskom Holdings SOC Bpk in nie-staatshande oor te plaas, is gemaak in ‘n besprekingsdokument … Lees verder

Kleinhandelreus skort huurbetalings op

Nog ʼn kleinhandelwinkelgroep het aangekondig dat hulle huurbetalings opskort weens die koronavirus. Die TFG-groep moes weens die inperkingsbevel noodgedwonge hulle winkels vir ten minste drie weke sluit.

Volgens die eiendomshoof van TFG, Brad Rothenburg, het die buitengewone omstandighede daartoe gelei … Lees verder

Rand sink na Moody’s-besluit

Moody’s se afwaartse peiling van die Suid-Afrikaanse ekonomie na gemorsstatus het die rand onder die waterlyn getref. Die nasionale geldeenheid het Maandag deur die R18-per-dollargrens gebreek. Dit het ʼn rekordlaagtepunt van R18-08 teenoor die dollar bereik en hoewel dit daarna … Lees verder

Theresa May en IMF ondersteun grondgryp ná Trump-twiet daarteen

Die globale media het ná die twiet van mnr. Donald Trump oor vergrype teen boere en eiendombesitters in Suid-Afrika dit as “steun vir blanke heerssug” beskryf en die komende grondgryp as “nodig” en “geregverdig” opgehemel. Die redakteur van Rapport, Waldimar … Lees verder

Ramaphosa se miljardêrmentor deur VSA gedagvaar oor geldwassery

Mnr. Ivan Glasenberg, wat volgens ingeligte bronne die “sakementor” en vennoot van Cyril Ramaphosa is, is so pas gedagvaar om dokumente in die VSA bloot te lê. Die dagvaarding is onder die land se wetgewing op geldwassery en teenkorrupsie uitgereik.… Lees verder

H&M vra verskoning vir ‘oulikste apie in die oerwoud’-advertensie met swart kind

Die globale Sweedse klerewinkel H&M het om verskoning gevra vir die foto van ‘n swart kind met ‘n kappiehemp waarop staan, “oulikste apie in die oerwoud” (coolest monkey in the jungle op Engels).

Aanlynbeelde van die swart kin in … Lees verder

Rand onder druk weens praatjies oor Reserwebank, ‘radikale ekonomiese transformasie’

Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder verswak tot R13,10 per dollar nadat dit Maandag twee persent van sy waarde verloor het in reaksie op ‘n verklaring deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, wat gesê het dat die Reserwebank nie meer … Lees verder

Moody’s gradeer agt instellings af

Die graderingsagentskap Moody’s, het ‘n aantal kredietafgegraderings voorgesit met Eskom, Sasol, MTN, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en sewe ander maatskappye wat afgegradeer word.

Dit volg op die land se kredietafgradering Vrydag tot die kerf bó rommelstatus, met negatiewe vooruitsigte. Moody’s … Lees verder

S&P waarsku dat nog afgradering kan kom

Suid-Afrika se kredietstatus kan tot selfs laer vlakke afgegradeer word indien die politieke onsekerheid voortduur.

Die onsekerheid is glo meegebring deur die onlangse afdanking van die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordan, en sal hervorming aan bande lê.

S&P Global … Lees verder

Nedlac en Gigaba sal glo saam planne beraam om ekonomie te red

Die Nasionale Ekonmomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, sê hy en die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, het maatreëls bespreek wat ingestel sal word om ‘n verdere kredietafgradering te verhoed.

Dit volg op twee internasionale graderingsagentskappe se onlangse afgradering van Suid-Afrika … Lees verder

Voorleggings oor banke se samespanning in Julie

Die Mededingingstribunaal het bevestig dat ‘n verhoor in Julie gehou word waar banke wat beskuldig word van samespanning om die randwaarde te beïnvloed, voorleggings kan doen.

Die Mededingingskommissie het verlede maand aangekondig dat handelaars by meer as ‘n dosyn plaaslike … Lees verder

Unilever vir kartel-bedrywighede aangekla

Die Mededingingskommissie wil Unilever beboet met 10 persent van sy jaarlikse omset omdat dit as ‘n kartel-geval uitgewys is.

‘n Kartel is ‘n formele ooreenkoms tussen oligopoliste waarvolgens saamgespan word oor pryse, markaandeel, advertensiekoste, produkontwikkeling, ensovoorts. Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing is … Lees verder

Gordhan sal vandag gapende gat van R28 miljard moet toestop

Die DA sê die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, moet ‘n alternatiewe manier kry om belastingverhoging te vermy, want indien belasting wel verhoog word, sal dit groei aan bande lê.

Die ANC is onder druk om ‘n bykomstige R28 miljard … Lees verder

Rand-lopie na gerugte van valuta-samespanning

Absa sê hy sal met die Mededingingstribunaal saamwerk nadat die Mededingingskommissie besluit het om ‘n saak van samespanning tussen 17 banke na die tribunaal te verwys vir verdere stappe.

Drie plaaslike banke: Absa, Investec en Standard Bank, was na bewering … Lees verder