In dié sewende episode van Sondagaktueel, is daar al weer sprake oor Eskom wat nóg R10 miljard wil hê. Dan is Tony Leon en Ryan Coetzee afgevaardig om ondersoek in te stel na waarom die DA soveel Afrikanerkiesers verloor. Vandeesweek … Lees verder
Kategorie: Potgooi
Dan Roodt: Sondagaktueel 6
In hierdie sesde episode van Sondagaktueel word daar gepraat oor Panyaza Lesufi wat ‘n prokureursbrief aan Dan Roodt gestuur het, asook die moord op die Kaapse ruiter, Meghan Cremer. Die onteiening van siekefondse se reserwes deur die ANC-bewind is nog … Lees verder
Dan Roodt & Gustav Venter: Die agteruitgang van Afrikaanse kultuur
In hierdie episode van PRAAG 168, gesels Dan Roodt en Gustav Venter oor die agteruitgang van Afrikaanse kultuur, veral die letterkunde, en wat gedoen sou kon word om dit te laat herleef. Dan Roodt verwys na Helen Zille wat eens … Lees verder
Dan Roodt: Sondagaktueel 5
Steve Hofmeyr se hofsaak in die Stellenbosse Landdroshof word aanvanklik in dié potgooi bespreek, waarna nog ‘n hofsaak, dié van die staatspatoloog dr. James Blair Mwesigwa, aan die beurt kom. Mwesigwa het naamlik liggaamsdele van ‘n lyk onder sy beheer … Lees verder
Dan Roodt: Sondagaktueel 4
In hierdie aflewering van Sondagaktueel poog Dan Roodt om sin te maak van die aanvalle vanuit die media op ryk Afrikaners op Stellenbosch, die sogenaamde “Stellenbosse mafia”, asook die stryd tussen die Openbare Beskermer en die ANC-president, Cyril Ramaphosa. Soos … Lees verder
Dan Roodti: Sondagaktueel 3
In hierdie derde aflewering van Sondagaktueel, gesels Dan & Karin Roodt ter inleiding oor die nuwe 007 van James Bond-faam wat blykbaar ‘n swart vrou gaan wees. Daarna lewer hulle kommentaar oor grondbesettings en die beoogde grondonteiening sonder vergoeding in … Lees verder
Dan Roodt: Sondagaktueel 2
In hierdie tweede aflewering van hul weeklikse potgooi oor aktuele sake hier en in die buiteland, gesels Dan en Karin Roodt oor die mosie van die Nederlandse parlement waarin teenkanting teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika uitgespreek word. Korrupsie in … Lees verder
Dan Roodt: Sondagaktueel 1
In hierdie potgooi van net oor ‘n halfuur bespreek Dan en Karin Roodt die nuusgebeure van die week, sowel plaaslik as internasionaal. Dit wissel vanaf die haatspraakklag teen Steve Hofmeyr tot die Russiese president Wladimir Poetin se onderhoud met die … Lees verder
Potgooi: Dan Roodt en Gustav Venter oor Enoch Powell en Cyril Ramaphosa
Dan Roodt en Gustav Venter lewer kommentaar op die week se nuusgebeure, en veral die vyftigjarige herdenking van Enoch Powell se beroemde “Rivers of Blood”-toespraak op 20 April 1968 wat vandeesweek weer deur die BBC uitgesaai is. Daar word ook … Lees verder
Potgooi: Shelley Garland en die hoofstroommedia-krisis
Dan Roodt bespreek die geloofwaardigheidskrisis van die hoofstroommedia, na aanleiding van die artikel of tirade teen wit mans wat Huffington Post South Africa, ‘n publikasie van Media 24, onder ‘n skuilnaam gepubliseer het.