Hoewel PRAAG reeds elf jaar lank oor ‘n YouTube-kanaal beskik, is dit in die verlede slegs sporadies benut. Einde Maart het ons egter die besluit geneem om meer gereeld YouTubevideo’s met nuus en kommentaar te plaas, wat tot ‘n toename … Lees verder
Kategorie: Video
Eksklusiewe video’s op praag.org!
Video: Trouma is ‘n monster – Dan Roodt in gesprek met Mariandra Heunis
Mariandra Heunis, weduwee van plaasmoordslagoffer Johann Heunis, praat openhartig oor hoe sy die voorval wat in haar woorde “ons gesin uitmekaar geruk het” oorkom het. Binne twee weke ná haar man se dood moes sy begrafnis hou en geboorte aan … Lees verder
Video: Die risiko’s van die inperking — Dan Roodt en Gustav Venter in gesprek
Volgens Gustav Venter is die huidige inperking in die land “een van die grootste flaters wat die ANC ooit begaan het”. Maar het hulle werklik ‘n keuse gehad? Gegewe dat die staatskas leeggesteel is en die infrastruktuur afgetakel is sodat … Lees verder
Video: SA se rommeldriekuns ná Moody: wat hou die toekoms in?
Moody, een van die twee groot Amerikaanse kredietgraderingsagenskappe het Suid-Afrika Vrydagaand 27 Maart 2019 tot ‘rommel’ afgegradeer, oftewel ‘n gradering van Ba1, met ‘n ‘negatiewe vooruitsig’ wat beteken dat die land nog verder by die leer van rommelstatus kan afgly. … Lees verder
Video: Die film in jou kamera en die koronavirus
Dan Roodt bespreek ‘n nuwe middel teen die koronavirus wat in Japan uitgevind is en in China vervaardig gaan word. In Frankryk geld drakoniese maatreëls wat byna op huisarres vir die totale bevolking voorkom. Maar is dit noodwendig verkeerd? En … Lees verder
Video: Die koronavirus mag dalk net die land verander
Die koronavirus leef veel langer in die lug en op oppervlaktes as wat mense dink. Daar is boonop 7,7 miljoen MIV-positiewe mense in Suid-Afrika, wat agt keer meer vatbaar vir longontsteking as gesonde mense is. Die gesondheids-en finansiële krisis wat … Lees verder
Video: Permanente kwytskelding vir die ANC en sy mederampokkers
Daar is nou gerugte dat die ANC en sy meelopers wat voor die Zondo-kommissie verskyn het, geheel en al kwytgeskeld gaan word vir die honderde miljarde rande wat by die staat en staatsondernemings gesteel is. Dit is soortgelyk aan ‘n … Lees verder
Video: Reddersburg bevry hom van ANC-munisipaliteit
Die dorp Reddersburg het hom van ANC-politici bevry en inwoners verskaf nou self hul eie dienste aan blank en swart, soos wat mnr. Jaap Kelder in dié video verduidelik. Dit volg nadat die Kopanong-munisipaliteit weens wanbestuur onder administrasie geplaas is. … Lees verder
Video: Eskom se plunderlisensie
Dan Roodt lewer kommentaar op die bykomende R59 miljard wat die staat aan Eskom beskikbaar gestel het en verwys na die plundery wat reeds by dié instelling plaasgevind het. Kort ná hierdie opname het verskeie kredietgraderingsagentskappe, waaronder Moody’s Investor Service … Lees verder
Video: Boere reageer op Nederlandse mosie teen grondonteiening
By ‘n onlangse landbouberaad van TLU SA waar daar indringend gepraat is oor die krisis wat Suid-Afrikaanse landbou in die gesig staar, het dr. Dan Roodt met mnr. Louis Meintjes, president van dié organisasie gesels. In die tweede deel van … Lees verder
Video: Dan Roodt oor Afrikaanse ondernemings
Afrikaners en veral jongmense, verkeer tans met hul rug teen die muur. Die ANC se wetgewing maak dit byna onmoontlik om werk te kry by groot maatskappye, wat nog te sê in die staatsdiens wat slegs vir swartes gereserveer is. … Lees verder
Video: Dan Roodt oor grondgryp by Krugerdagberaad
By die beraad wat deur ToekomsVonk op 10 Oktober (Krugerdag) georganiseer is, het dr. Dan Roodt van PRAAG die gehoor daaraan herinner dat daar reeds 200 jaar ‘n konflik in Suid-Afrika woed. ‘n Minderheid radikale Engelssprekendes (“Britse marxiste”) in Johannesburg … Lees verder
Video: Vanaf die Brandburghek in Berlyn
Dan Roodt berig vanuit Berlyn oor PRAAG se pas afgelope Europese Vriendskapstoer. Hy is bemoedig deur die groot steun vir die Afrikanerstryd in Suid-Afrika veral onder jong Europeërs.
Hou die webblad dop oor die volgende paar dae vir nog inligting, … Lees verder
Video: RSG se omhelsing van die SAKP
Die openbare uitsaaier RSG (Radio Sonder Grense) begin al hoe meer om die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te vergoeilik en in sy luisteraars se kele af te druk.