Eiervrug

{jathumbnail off}

Kruie, kruie, kruie. Vars roosmaryn, tiemie, oreganum, kruisement en salie. Kap fyn en terwyl jy die verruklike geure inadem, sny ‘n middelgrootte eiervrug in  die lengte in twee en smeer met kruie,  fyngemaakte knoffel en sout. Giet ‘n … Lees verder

Perskeslaai

{jathumbnail off}

Makliker kan dit nie! Rangskik ‘n paar lekker ryp perskes, kaalperskes, nektariens as jy wil, in wiggies gesny op ‘n mooi bord. Braai ewe veel dun snye Italiaanse ham, prosciutto, in hul eie vet tot bros, breek en … Lees verder

Tortellinislaai

{jathumbnail off}

‘n Ongewone, maar heerlike manier om tortellinipasta te geniet, ‘n ware lenteresep. Kook 400g varsgemaakte tortellini met spinasie of pesto gevul, 20 aspersiepunte en ‘n koppie ertjies saam. Die vars pasta neem ongeveer 3 minute om gaar te … Lees verder

Garnaal-en-avokadoslaai

{jathumbnail off}

Kook 400g penne pasta en voeg 400g ontvriesde rou garnale net voordat die pasta gaarkook, by. Dreineer en spoel in koue water. Skep in ‘n bord. Sny ‘n ryp avokadopeer in blokkies en halveer 20 kersietamaties. Meng versigtig … Lees verder

Watergateslaai

{jathumbnail off}

‘n Leser het hierdie resep vir Watergateslaai aangestuur. Nooit geweet daar is kos uit politieke inspirasie geskep nie. Dis eintlik ‘n poeding, soet en nie vir die gesondheidsbewustes nie!

As die politiek hier ter plaatse resepte gaan oplewer, … Lees verder

Mmm, blomkool!

{jathumbnail off}

‘n Louwarmslaai wat by kamertemperatuur net so lekker smaak. Plaas ‘n kleinerige blomkool in fleurette gebreek in ‘n oondpannetjie en bedrup met olyfolie. Bak vir 10 tot 15 minute tot sag.

Roer dan 1 of 2 vars rooirissies … Lees verder

Peerslaai

{jathumbnail off}

Sny vier pere in dun skywe en verwyder die pitte. Plaas die skywe op ´n bakplaat en strooi bruinsuiker bo-oor. Karamelliseer dit onder die oondrooster. Meng al die bestandele vir die sous. Rangskik slaaiblare met die peerskywe bo-op. … Lees verder

Olie na hartelus

Wanneer dit kom by hartgesondheid, mag gesuiwerde olyfolie beter wees as ander groente-olies, luidens nuwe navorsing.

Volgens Europese navorsers mag gesuiwerde olyfolie veral doeltreffend wees om die risiko van hartsiektes te verminder vanweë die hoë vlak van antioksidante wat dit … Lees verder

Boonslaai

{jathumbnail off}Uit ‘n blik. Maak ‘n blikkie cannellini-bootjies oop, dreineer en gooi in ‘n bak. Voeg daarby ‘n handvol vars gekapte kruisementblare.

Maak ‘n slaaisous van 2 eetlepels wynasyn en 2 eetlepels olyfolie. Giet dit oor ‘n halwe rooi … Lees verder

Broodslaai

{jathumbnail off}

Die Italianers noem dit Panzanella.

Rooster vier tot ses snye Italiaanse brood liggies vir vier tafelgenote en breek of skeur dan in stukkies.

Meng met een rooi soetrissie, ‘n klein komkommer en ‘n klein rooi ui, alles in … Lees verder

Waatlemoen-en-papajaslaai

{jathumbnail off}

Neem een klein waatlemoen, sny middeldeur, maak die helftes staan en sny die vleis uit en dan in blokkies of skep mooi balletjies uit. Skil, ontpit en sny ‘n klein papaja in blokkies. Skep die waatlemoen en papaja … Lees verder

Bronkorsslaai

{jathumbnail off}

Rooster 8 kleinerige tamaties en 8 repe spek teen 170 grade C vir 30 minute lank vir vier mense.  ‘n Handvol dennepitte kan droog gerooster word in ‘n kleefvrye pan op die stoofplaat.

Rangskik bronkorsslaai op ‘n bord … Lees verder

Smaaklike sampioene

{jathumbnail off}

 

Braai ‘n ui tot goudbruin in ‘n pan in ‘n bietjie olie en botter. Voeg ‘n klein pakkie gesnyde sampioene daarby en braai. Geur met sout en peper.

Rangskik oor ‘n snytjie roosterbrood met skaafsels parmesaanse kaas en … Lees verder

Klassieke aspersies

{jathumbnail off}

Ek moet bieg dat die vorige aspersieslaai vol fieterjasies is. Hier is ‘n makliker, vinniger en klassieke resep wat nommerpas vir die smaak van vars geblansjeerde aspersies is.

Blansjeer ‘n handvol groen lote en posjeer ‘n eier vir … Lees verder