Ek is ʼn groot ondersteuner van Willem Petzer, maar ek dink hy toon ʼn paar blindekolle hier wat ons duur te staan kan kom. Ek dink eerstens nie hy verstaan die mediaoorlog nie. Ons gaan nooit, nooit, ooit aangeprys word … Lees verder
Skrywer: Gustav Venter
Zimbabwe nou ook op hok
Zimbabwe het Maandag met ʼn landswye inperking van 21 dae begin in ʼn poging om verspreiding van die Koronavirus te bekamp. Die president van die land, Emmerson Mnangagwa, het die land op televisie toegespreek en die bevolking aangespoor om gehoor … Lees verder
Kleinhandelreus skort huurbetalings op
Nog ʼn kleinhandelwinkelgroep het aangekondig dat hulle huurbetalings opskort weens die koronavirus. Die TFG-groep moes weens die inperkingsbevel noodgedwonge hulle winkels vir ten minste drie weke sluit.
Volgens die eiendomshoof van TFG, Brad Rothenburg, het die buitengewone omstandighede daartoe gelei … Lees verder
Rand sink na Moody’s-besluit
Moody’s se afwaartse peiling van die Suid-Afrikaanse ekonomie na gemorsstatus het die rand onder die waterlyn getref. Die nasionale geldeenheid het Maandag deur die R18-per-dollargrens gebreek. Dit het ʼn rekordlaagtepunt van R18-08 teenoor die dollar bereik en hoewel dit daarna … Lees verder
Medeskepper van Asterix sterf op 92
Die legendariese Albert Uderzo – illustreerder, skrywer, humoris, geskiedkundige, nasionalis en een helfte van die duo Goscinny & Uderzo wat vir ons Asterix gegee het – is nie meer nie. Hy is vanoggend in sy huis in Neuilly, Frankryk, oorlede. … Lees verder
Eskom vra privaatkragleweransiers om te help
Eskom is nou van plan om oorskotkrag van bestaande kragopwekkingsaanlegte aan te koop. Dit is ʼn aanduiding dat die kragvoorsiener sy beleid jeens privaatkragverskaffers aangepas het. Hoewel Eskom voorheen tydens noodomstandighede sodanige krag aangekoop het, was die staatsmaatskappy tot dusver … Lees verder
Gustav Venter: Die Afrikaanse Rolprent – op soek na drama
ʼn Oomblik van stilte vir die skrywer, die draaiboekskrywer, die draaiboekskrywer van die Afrikaanse rolprent. As jy nog nooit ʼn draaiboek geskryf het nie, liewe leser, liewe fliekkyker, wees nie te skel in jou oordeel nie. Is dit dan so … Lees verder
Gustav Venter: Woernael 5 — Witwarm
Ek het sopas die bestelling geplaas vir die eerste besending van my bundel rubrieke wat ek saamgevat het onder die titel Witwarm. Vriend Rudolf Maré het reeds twee bestel en vir vier betaal. ʼn Skrywer het goeie vriende nodig. … Lees verder
Gustav Venter: Woernael 4 — Fees en mark
Deesdae het omtrent elke dorp ʼn fees, en elke dorp behoort ʼn fees te hê, so dit is goed. Daar is ʼn Kaboemfees en ʼn Suidoosterfees en ʼn Walvisfees en ʼn Kierieklapperfees en kort daarna ʼn Kaboemfees. Daar is feeste … Lees verder
Gustav Venter: Woernael 3 — Fees
Gister het ons uitgevind dat die man wat bekend is as Suid-Afrika se nuwe president daarvan hou om te stap, en, in ʼn gebaar van gemoedelike neerdaling, doen hy dit graag tussen die alledaagse gepeupel. Sy skakelpersoneel moet lekkerkrystuipe hê. … Lees verder
Gustav Venter: Woernael Nommer Twee
ʼn Ingenieur, een van daardie selfopgeleide genieë wat suksesvol peuter aan ingewikkelde masjinerie en stelsels, sê eendag vir my dat die mensdom te gou die rug op stoomkrag gekeer het. Wie weet watter wonderlike stoomgedrewe masjiene nou al ontwikkel sou … Lees verder
Gustav Venter: Woernael Nommer Een (Sondag agtien Februarie twintig agtien.)
ʼn Woernael, vir dié wat moontlik enige belangstelling het, is ʼn woernaal vir mense wat aan die hardloop is. En met “hardloop” bedoel ek nie iemand wat laat spaander nie. Mense wat my ken weet dat my drentel-, wandel-, stap- … Lees verder
Gustav Venter: Die derde bestaanskrisis en die volk
Alle volke is bestem om te verdwyn, sommige gouer as ander. Dit kan wees dat die Afrikaner een van die volgende volke is om in die vergetelheid weg te val, en as dit die geval is, sal dit wees weens … Lees verder
Joegaai! ‘n Plaasmoord
